Saam kos berei is darem ’n gesellige affêre. So dit kan gelees word op die webwerf afrikos.nl. Die bewys van hierdie woorde was die werkswinkel by Drenthe College. BC Meppel het op 5 Maart hul bymekaarkom in Suid-Afrikaanse styl gehad.

’n Kombinasie van soet en sout. So stel opperhoofmeissie Leoné de Beer, in die daaglikse lewe ondernemer in Zwolle, Suid-Afrikaanse kos in ’n neutedop voor. Leoné kom oorspronklik van Johannesburg. Sy het haar eie kookworkshop ontwikkel en lei die aktiwiteit in haar moedertaal. Die BC-kokkies het hierdie aand dadelik ’n klompie Afrikaanse woorde geleer. So goed dat hulle sonder om te val hierdie stukkie kan lees!

Mooi afstryk
Die kaptein was geklee in ’n trui van die Springbokke, Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. “Die dosis van die bestanddele kom presies. Wees baie noukeurig”, het sy gesê. “Baie belangrik dat jy alles mooi afstryk. En… gaan so skoon en so netjes moontlik te werk. Was julle hande deeglik, verseker nou met die virus.”

In spanne van drie of vier het die BC-kokke dan gaan werk. In die groot kombuis was dit ’n kombinasie van ernstige werk (samewerking!) en baie plesier. Die resultate was om op trots te wees. Die deelnemers het met smaak geëet aan die vier verskillende kursusse. Leoné: “Ek het baie geniet van julle geselskap en van wat julle gepresteer het.”

Restaurant oop
Skooldirekteur Silvester Koehoorn was as gasheer aanwesig. Hy het van almal komplimente vir die kombuis ontvang. Die restaurant is twee keer per week oop vir almal wat wil kom eet. Baie mense in Meppel weet dit nog nie. Hy nooi daarom die gaste uit om ’n Dinsdag of ’n Donderdag weer te kom kuier en eet. Studente sorg daardie dae vir die ete.

Voordat die mense huistoe gegaan het, kon hulle ’n oorskietporsie bobotie neem. Nie in brakkiesakkies nie, maar in brakkiebakkies.

Die resepte vir lepelsteeltjies, ertjieslaai, ham-piesangpakkies, kerrie-heuningdoopsous, chakalaka en mieliepap, bobotie, kerrievis en die nageregte Hertzogkoekies en suurlemoen-vlatert kan by Liesbeth verkry word.

Johan Debbenhof
5 Maart 2020